Koop


Kaas op die plaas

Kaas op die plaas

 

By Gay se Guernseymelkery vind u 'n verskeidenheid handgemaakte kase en yoghurtjies van rou Guernsey-koeimelk, en 'n verskeidenheid fyn vleissnitte. Tesame met 'n natuurlike kaasmaakproses, bied die natuurlike Karoo-veld optimale weiding vir hul diere en word hul varke op wei van die melkery gevoer.

Warm end wollerig

Warm end wollerig

 

Prins Albert is die tuiste van die oudste Angora-stoetery in Suid-Afrika, en is ook die sentrale sybokhaar-produserende streek van Suid-Afrika. 90% van die sybokhaar wat wêreldwyd verkoop is oorspronklik van Cape Mohair. Besoek 'Karoo Looms' of die 'Prince of Africa' vir 'n verskeidenheid luukse sybokhaarprodukte en matte.


Lieflike olywe

Lieflike olywe

 

Neem die plaaslike produkte van Prince Albert Olywe huistoe en ontdek 'n goed gebalanseerde, sagte, medium-styl ekstra-maagdolie wat smaak van goeie, groen olyfvrugte, gras en artisjok plus 'n tikseltjie ryp olywe. Wanneer dÍe gouemedalje wenner klaar geniet is, hergebruik gerus die kunstige blik as 'n eklektiese planthouer of 'n stylvolle ysemmer vir u huispatio.

Luukse geskenke

 

 

Luukse geskenke

 

Moenie hierdie kans misloop om 'n stukkie van die Karoo huistoe te neem nie, totdat u weer kom kuier. Besoek Avoova vir 'n wêreldbekende keuse van huishoudelike voorwerpe en luukse geskenke van volstruisdop, besonderse ontwerpe handgemaak in Afrika.

 

Tydens u verblyf by De Bergkant Lodge sal u van hul pragtige dekoratiewe items in die kamers sien: hangend aan die sleutelring van u kamer, en tussen die badkamers se toiletware.