Die dubbelkamer Bulbinella is aan die begin van die aanbousel aan die hoofhuis geleë en kyk uit oor die tuin asook die binnehof.
Dit is 'n groot kamer met 'n houtvloer en twee enkelbeddens met 'n en-suite-badkamer. Die twee ekstra lengte enkelbeddens kan omskep word in 'n ekstra lengte koninggrootte bed. Die interieur van die kamer is versier met antieke meubels en daar is 'n klein sitarea wat bestaan uit ‘n teetafel en twee stoele. Die patio het 'n tafel en stoele met ‘n parasol.
Die dubbelkamer Bulbinella is toegerus met onder meer die volgende geriewe (vir 'n volledige lys geriewe, sien 'Oorsig van die Suites en Dubbelkamers'):