Dubbelkamer 'Disa'


Dubbelkamer 'Disa' - Deurplaat
Dubbelkamer 'Disa' - Deurplaat

Disa is 'n dubbelkamer op die boonste verdieping van die Georgiese gebou met ‘n uitsig oor die binnehof, ‘n teёlvloer en 'n en-suite-badkamer. Die kamer het 'n ekstra lengte koninggrootte bed wat omskep kan word in twee ekstra lengte enkelbeddens, en is versier met aangepaste antieke meubels. Daar is 'n klein sitarea wat bestaan uit ‘n teetafel en twee stoele.

 

Hierdie tweepersoonskamer het die voordeel van 'n wonderlike uitsig. As jy by die vensters in die binnehof uitkyk, aanskou jy die magtige takke van die wilde vyeboom.

 

Die dubbelkamer  Disa is toegerus met onder meer die volgende geriewe (vir 'n volledige lys geriewe, sien 'Oorsig van die Suites en Dubbelkamers'):

  • Linne van 100% suiwer katoen
  • Ondervloerse verhitting
  • Plafonwaaier
  • Lugversorging
  • Nespresso-koffiemasjien
  • Koffie- en teemaakgeriewe
  • TV met DStv