Die Watsonia Suite is geleë in die oorspronklike herehuis van De Bergkant Lodge, wat in 1858 gebou is en nou as 'n nasionale monument erken word.
Dit bied twee alleenstaande kamers: ‘n sitkamer en 'n slaapkamer met 'n en-suite-badkamer en 'n ekstra groot koninggrootte bed. Die interieur is versier met antieke meubels en die suite het steeds sy oorspronklike geelhoutvloere en -plafonne. Die suite spog twee oorspronklike skilderye van George Coutouvidis, 'n gevierde plaaslike kunstenaar.
Die Watsonia Suite is toegerus met onder meer die volgende geriewe (vir 'n volledige lys geriewe, sien 'Oorsig van die Suites en Dubbelkamers'):
Die totale grootte van 52,5 vierkante meter vir ons luukse suite 'Watsonia' is verdeel in die volgende individuele kamers:
Sitkamer | 19.5 m2 |
Slaapkamer | 21.0 m2 |
Badkamer | 12.0 m2 |