Besoek


Soet en Sappig

Soet en Sappig

 

Wil u weet waar die heerlike vye wat u vir ontbyt by die De Bergkant Lodge geniet het, gepluk is? Weltevrede Vyeplaas, net 25 km buite Prins Albert, is 'n kans om te sien hoe vye geoes, verwerk en verpak word.

 

Begeleide staptogte word gedurende die koeler maande oor die Swartberge vanaf die plaas na "Die Hel" aangebied, waar u Boesmans-kuns op die rotsformasies kan aanskou.

Witblits

 Witblits

 

Die Fransie Pienaar-museum is 'n entjie se stap by Kerkstraat af vanaf u suite by De Bergkant Lodge. Die gebou, wat destyds die oorspronklike hospitaal was, bied 'n reis terug na die tyd toe die dorp sy koninklike naam vir die eerste keer geёis het.

 

Saam met 'n aantal fassinerende fossiele is daar ook die distilleerdery waar 'Witblits' op die tyd-geërde manier geproduseer word. Lees hoe kruiemiddels en 'Witblits' vir genesing in die vallei gebruik word. Albei kan in die Museumwinkel gekoop word, indien dit nie uitverkoop is nie!


Gesondheid!

Gesondheid!

 

Fernskloof, 'n organiese wynplaas en ‘n familie-bedryf, is in die pragtige Prins Albertvallei geleë, waar hulle handgemaakte wyn met groot persoonlikheid vervaardig van organies gekweekte druiwe. Diederik Le Grange is die man agter Fernskloof se wynmaak en wingerdbou, en is die sewende geslag van sy familie op die plaas, met ‘n afstammeling vanaf die eerste Hugenote wat so vroeg as 1671 in die Kaap aangekom het.

 

Die proelokaal is daagliks vanaf 10:00 tot 16:00 oop en op Sondae vanaf 10:00 tot 14:00 op afspraak.

 

Die plaas spog ook ‘n stap- of drafroete van 16 km.