U verblyf


Ons gaste vind in die 'De Bergkant Lodge' vier luukse suites met sitkamer, slaapkamer en groot en suite-badkamer, en vyf goed toegeruste, luukse dubbelkamers met slaapkamer en groot en suite-badkamer. Al hierdie luukse suites en luukse dubbelkamers het plafonwaaiers, lugversorging, Nespresso-koffiemasjiene, tee- en koffiemaakgeriewe, TV met DStv en die meeste het ondervloerse verhitting.

 

Slaapkamer in Deluxe Suites en Deluxe Dubbelkamers
Slaapkamer

Al die kamers het 'n tweepersoonsbed of 'n super koninggrootte-bed (6ft x 6ft6in) en is toegerus met linne van 100% suiwer katoen.

Badkamer in Deluxe Suites en Deluxe Dubbelkamers
Badkamer

In elke badkamer het ons bekende dubbele storte, Victoriaanse bad en ondervloerse verhitting vir koue winterdae (wat net af en toe in die Karoo voorkom).

 

Donsige katoenhanddoeke verseker dat ons gaste te alle tye bederf voel.

15-meter soutwater swembad en tuin
15-meter soutwater swembad en tuin

Die afgesonderde tuine spog twee groot soutwater-swembaddens: 'n swembad van vyftien meter, omring deur groen grasperke en 'n privaat swembad van tien meter.

 

Bykomend tot die twee groot soutwater-swembaddens kan ons gaste ook 'n klein, intieme soutwater ‘sterbad’ geniet.

Hartlike, Gesonde en Gebalanseerde Ontbyt
Ontbyt

Ontbyt vir ons gaste word bedien in die eetkamer by die swembad of op die terras in die tuin onder die bome. Baie van die geregte wat op ons ontbytbuffet gevind word kom van die dorp en plaaslike plase in en om Prins Albert.

 

Prins Albert is bekend vir sy sagtevrugte en die melk, jogurt en pryswenner kaas van Gay's Dairy.

 

Gaste sal 'n ontbyt in die 'De Bergkant Lodge' geniet wat heerlik is sowel as pragtig in aanbieding.