Dubbelkamer 'SEVEN'


Die dubbelkamer SEVEN (Aloe) is op die boonste verdieping van die Georgiese gebou geleë met ‘n uitsig oor die binnehof, 'n teёlvloer, en 'n en-suite-badkamer.

 

Die kamer het 'n ekstra lang koninggrootte bed wat omskep kan word in twee ekstra lengte enkelbeddens, en is versier met aangepaste antieke meubels. Daar is 'n klein sitarea wat bestaan uit ‘n teetafel en twee stoele

  • Linne van 100% suiwer katoen
  • Ondervloerse verhitting
  • Plafonwaaier
  • Lugversorging
  • Nespresso-koffiemasjien
  • Koffie- en teemaakgeriewe
  • TV met DStv