Ons, die eienaars en u gashere, Renate en Michi, is oorspronklik van Switserland en het baie tyd daaraan bestee om te verken en ondersoek in te stel oor waar ons in Suid-Afrika ons wortels wil neersit. Ons het ons droom bereik met die De Bergkant Lodge in Prince Albert.
Ons is goed-gereis met 'n veelsydige agtergrond, daarom is ons seker dat ons, tesame met ons vriendelike en bekwame personeel, vir ons gaste altyd 'n diskrete, persoonlike en professionele diens sal lewer.
Ons sien daarna uit om u te verwelkom by De Bergkant Lodge hier in Prins Albert en nooi u uit om die geskiedenis en die atmosfeer van ons pragtige Kaaps-Hollandse Monument te ervaar.