Werkswinkels


Reistog van ‘n fotograaf

Reistog van ‘n fotograaf

 

Een soort reistog eet so vinnig as moontlik in die kilometers op; ‘n ander veroorsaak dat ons stadiger ry en nader kyk. Fotograaf en boekskrywer Louis Botha is so 'n reisiger, wat die Karoo se groot stilte en skoonheid die tuiste gemaak het vir sy artistieke uitdrukkings.

 

Met die natuurlike lig, stilte, die mense en kultuur van die Karoo, vra Louis Botha die kyker om weer te kyk, weer te dink, weer te voel, weer te waardeer. Woon gerus een van sy fotografiese werkswinkels by, wat jou ‘n idee sal gee van die skatte wat wag om ontdek te word; of koop sy geraamde fotokuns, fotoboeke of fotokrafiese kaarte op die webwerf @ De Bergkant Lodge Gallery.