Aktiwiteite in Prins Albert


'n Vakansie is 'n kans om uit die daaglikse lewe te ontsnap en nuwe natuurskoon en wonderlikheid te ervaar. Sommige reisigers wil die tyd benuttig om die nuwe omgewing te verken, avontuur te gaan soek, en om nuwe dinge te leer, maar ander gebruik 'n wegbreek om te rus, te ontspan en stilte te vind in 'n landskap van groot skoonheid. By die 4-ster De Bergkant Lodge in Prins Albert kry u die geleentheid om albei te doen.


Neem u boek (ja, die een wat u al maande lank meen om te lees), pak u stapskoene, bring u troeteldier (De Bergkant Lodge is #PetFriendly) en pak beslis u swembroek om die drie swembaddens van die Lodge te benut, asook die sauna en kamerdiens-masseuse vir u eie privaat SPA-ervaring.

 

Daar is 'n verbasende oorvloed van interresante dinge om te doen in die dorp en in die groter omgewing van Prins Albert, dus moet u seker maak dat u ‘n lank genoeg verblyf bespreek om te ontspan en 'n paar lekker avonture te geniet.

Soet en Sappig
Besoek
Fietsry is baas
Avontuur
Die Showroom-teater
Vermaak

Reistog van ‘n fotograaf
Werkswinkels
Lieflike olywe
Inkopies